Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ontwikkelende nuwe SA "narrative"
Ontwikkelende nuwe SA "narrative" [boodskap #115377] So, 04 November 2007 13:07
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Veiligheid of ras: Wat tel?'
Nov 01 2007 11:13:23:953PM - (SA)

Beeld

Jeanne-Marié Versluis

Daar sal een of ander tyd 'n uitspraak moet kom oor of gelyke
indiensneming hoogty vier bo veiligheid en kwalifikasies.

Só het regter Bill Prinsloo gister in die Pretoriase hooggeregshof
gesê in die geding tussen 'n elektriese ingenieur en die
Tshwane-metroraad.

Mnr. Adrianus Jacobus Weyers, besturende ingenieur: kragstelselbeheer
(PSC) by dié munisipaliteit, en die Suid-Afrikaanse Ingenieursraad
(Ecsa) pak die munisipaliteit ná Weyers se skorsing.

Weyers is geskors omdat hy 'n brief – waarin hy sy kommer uitspreek
oor munisipale werkers en die publiek se veiligheid – aan munisipale
bestuurders, die departement van arbeid en die ingenieursraad geskryf
het.

Weyers het hierin gesê net swart kandidate was op die kortlys vir
poste van kragstelseloperateurs.

Adv. J.F Mullins SC, namens Weyers, het betoog die operateurs moet
volgens die raad se eie dokumente ses jaar relevante ondervinding hê
en gekwalifiseerd wees, omdat hulle gespesialiseerde werk doen wat
gevaarlik kan wees en waar lewens op die spel is.

Dié mense moet onder druk met masjinerie kan werk.

Die metroraad onderbeklemtoon egter doelbewus in sy hofstukke die
gevare van die werk – “alles in die naam van gelyke indiensneming”,
het hy betoog.

Prinsloo het gesê 'n debat heers oor of gelyke indiensneming hoogty
vier bo veiligheid en kwalifikasies.

Mullins het betoog die munisipaliteit het vroeg in 2005 'n groot
tekort aan stelseloperateurs in die PSC-afdeling gehad.

Daar was eers 13 aansoekers (12 wit en een swart) vir operateursposte.
Weyers het 'n toets opgestel vir die aansoekers.

Die gelyke indiensnemings (EE)-kandidaat het 13% behaal.

Mullins het betoog die munisipaliteit sê as iemand net 13% behaal,
moet die toetse se standaard te hoog wees.

As die munisipaliteit korrek is hiermee, moet die twee kandidate wat
die hoogste punte behaal het (62% en 58%), “elektriese genieë” wees.

Volgens Weyers was dit duidelik die EE-kandidaat kan nie oorweeg word
vir die pos nie want hy sal sy eie lewe in gevaar stel.

Die vier kandidate wat toe vir die kortlys voorgestel is, was wit. Die
metroraad se bestuurder: werwing en keuring was nie met dié kortlys
tevrede nie.

'n Memorandum is uitgestuur wat gelui het die “EE-verspreiding” in die
PSC-eenheid moet reggestel word. Die poste is toe ekstern geadverteer.

Mnr. Benny Mahlangu van die munisipaliteit het dit duidelik gemaak dat
net EE-kandidate vir aanstelling oorweeg sou word.

Weyers wou nie dié kortlys teken nie omdat die kandidaat wat die
hoogste punte behaal het, 32,22% behaal het.

Mullins het betoog die operateurs moet foute onder druk kan herstel.

Die saak duur voort.
Vorige onderwerp: Jake White
Volgende onderwerp: Kom gesels saam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:21:56 MGT 2024